Herlaai kursus

Published on 23 November 2014

Jasper Raats en Christo du Plessis het op 13 September Kassie Kasselman se herlaai kursus in Lyttelton bygewoon. Hy bied twee kursusse aan naamlik ‘n intree vlak en ‘n gevorderde kursus vir persone wat alreeds ervaring het en fynere kunsies wil bemeester.
Dit was ‘n absolute voorreg gewees om hierdie meester van die herlaai kuns op dié Saterdag te hoor gesels oor die verskillende aspekte van die herlaai proses.  As daar ‘n tema kon wees vir hierdie kursus sou dit seker iets soos “Back to the basics” wees.  Volgens Kassie is daar menige opinies en metodes wat deur herlaaiers toegepas word maar dat die basiese beginsels van herlaai ‘n gegewe is en sy doel met die intree vlak kursus is juis om sulke “fondasie” doktrines deur te gee aan die leerders.
Die kursus is wel langerig (ons het 08:30 begin en eers na 17:00 klaar gemaak so die rugby afsprake was ietwat in gedrang…) maar jy sal vir geen oomblik verveeld wees nie.  Kassie se styl van kursus aanbied is baie informeel en eenvoudig maar die vloei van die kursus is van so aard dat jy die hele tyd vasgevang bly.
Die heel eerste aspek wat bespreek is (en seker die heel belangrikste!) was die veiligheids aspekte daar rondom.  Van die opstel van jou herlaai tafel tot die seleksie van ladings behoort die basiese veiligheids aspekte die eerste te wees wat jy in berekening hou.
Kassie gesels verder breedvoerig oor die skoonmaak van doppe, asook toerusting wat deesdae die mees geskikste is daarvoor. Daarna verskuif sy fokus op die dop voorbereiding en hier is dit vir hom belangrik om die beste eenvormige platvorm te verskaf vir jou koeel om in lyn met die loop te wees wanner die patroon in die kamer  gelaai word asook die konsentrisiteit van die patroon. 
Die basiese konsepte van dryfmiddel seleksie en lading ontwikkeling word bespreek en dan ook die voor en nadele van die verskillende weeg metodes.
Behalwe bogenoemde word koeel ontwerp, dryfmiddel tipes, kaliber keuses, dop leeftyd en dinamika en wetgewing rondom ammunisie breedvoerig bespreek.
Met jare se ondervinding in beide sy professionele as persoonlike betrokkenheid by die herlaai proses en ammunisie as sulks het Kassie natuurlik sy eie siening ontwikkel oor ‘n paar kontroversiële aspekte en hoewel hy erken dat sekere persone nie met hom sal saamstem nie laat hy jou tog sterk nadink en herevalueer oor hoe jy as person die herlaai proses beskou.
Ons sal hierdie kursus, wat gereeld aangebied word, ten sterkste aanbeveel vir beginners maar ook vir gesoute herlaaiers wat net weer ‘n “refresher” nodig het.  Binnekort gaan ons die gevorderde kursus bywoon en sal daaroor terugvoering gee.
Kassie kan gekontak word by, This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. , of gaan maak ‘n draai by hom by die herlaai afdeling van Safari & Outdoor se Pretoria tak.

Search

We have 24 guests and no members online