Member Evenings
Ledevergadering in die Vaaldriehoektak neem die vorm aan van Aandvergaderings/-byeenkomste wat gewoonlik op die 1ste Woensdagaand van elke maand by Ingwe Lodge plaasvind.
Die geleenthede begin om 19:00 en bestaan uit 'n kort amptelike vergadering waarin beide Nasionale kantoor- en taksake hanteer word; die vergadering gedeelte word gevolg deur 'n tema aanbieding gewoonlik deur 'n gas- of ander spesialis aanbieder of selfs 'n sosiale geleentheid.
Die byeenkoms word gewoonlik met 'n bring-en -braai afgesluit.
Meer inligting oor elke spesifieke ledevergadering word vooraf via die sms-stelsel, Face Book, Whatsapp asook op die Webblad onder lede se aandag gebring.