SA Hunters Main Site

SA Jagters

Read the SA Hunters main webpage. Kliek hier om die hoof blad in Afrikaans te lees.

Member Administration

e-Hunter

Online Member Administration for new and existing members

Shooting Forum

Skietforum

Visit the SA Hunter Members Shooting Forum

Hunting Destinations

jagbestemmings

Find of list your Hunting Destination on the SA Hunters Hunting Destinations database

About Vaaldriehoek/Vaal Triangle

Die Vaaldriehoektak bedien hoofsaaklik ‘n streek wat Henley-on-Klip, Meyerton, Vereeniging, Vanderbijlpark, Sasolburg en Parys, met hul omliggende gebiede, insluit maar verwelkom ook lede van ander takke en nie-lede by ons aktiwiteite.

Sedert takstigting op 25 Oktober 1994 toe 53 lede aangesluit het, het die tak hom beywer vir diens aan sy lede met die gevolg dat daar vandag meer as 1 500 lede op ons ledelys verskyn. Die tak glo dat etiese jag opleiding en volgehoue skietoefening vereis en tans bied die tak sowat twintig skietdae per jaar aan, versprei tussen twee skietbane om die lede geriefliker te akkomodeer, verskeie opleidingskursusse wat insluit senior en junior jagskole vir toegewyde jagter en bekwame jagter status, toegewyde sportskiet status, baanbeampte status, herlaai van ammunissie en ander jagverwante kursusse. Vir die lede wat in haelgeweerskiet belangstel het ons toegang tot een van die beste haelgeweerbane in die land waar ons maandelikse haelgeweer skietdae plaasvind en waar daar van tyd tot tyd ook klinieke in haelgeweerskiet aangebied word.

Read more...

Kalender

No events

Onlangse Nuus

Tak Nuus - Maart 2015

Skietsake:
Dit was verblydend om te sien dat die aantal skuts wat die afgelope skietdae bygewoon het, aansienlik toegeneem het.  Hou dit so.
Promosie-items:
Die Tak het lapwapens, pette en hemde in voorraad.  Kontak Dries Neethling.
Intertak Haelgeweerskiet:
Die skiet word op 21/03/2015 by Hippo Creek Shooting Centre aangebied.  Spanne van vier of vyf lede is welkom om in te skryf teen R 300-00 per persoon.  Daar sal na vyftig kleie geskiet word. 
Iets oor die tipes van kleie waarna geskiet word.
1.  Definition of a single t

Read more...
Herlaai kursus

Jasper Raats en Christo du Plessis het op 13 September Kassie Kasselman se herlaai kursus in Lyttelton bygewoon. Hy bied twee kursusse aan naamlik ‘n intree vlak en ‘n gevorderde kursus vir persone wat alreeds ervaring het en fynere kunsies wil bemeester.
Dit was ‘n absolute voorreg gewees om hierdie meester van die herlaai kuns op dié Saterdag te hoor gesels oor die verskillende aspekte van die herlaai proses.  As daar ‘n tema kon wees vir hierdie kursus sou dit seker iets soos “Back to the basics” wees.  Volgens Kassie is daar menige opinies en metodes wat deur herlaaiers toegepas word maar dat die basiese beg

Read more...
Desember 2014

Skietsake
Die reën het op 15 November gewen en die skiet moes afgestel word. Ons is egter baie dankbaar vir die reën.  Die laaste skietdag vir 2014 is op 6 Desember by die Jan Haasbroek-skietbaan en die eerste skietdag vir 2015 is op 17 Januarie 2015 by Hippo Creek.  

2015-almanak
Die Tak se 2015-almanak sal binnekort by sekere handelaars en geweerwinkels in die Vaaldriehoek beskikbaar wees.  Dit kan dan ook gedurende kantoorure by die Takkantoor by SENWES afgehaal word.

Promosie-items
Die Tak het lapwapens, pette en hemde in voorraad.

Read more...

Search

We have 26 guests and no members online